Sunday, December 28, 2014

Steve Hofmeyr

Daar was vandag meer as 120 Geloftefeeste land- en wêreldwyd. Bo-Cornelisrivier s'n is een van die oudstes asook een van die langstes. En koudstes. En as ons so aangaan sal jukskei eersdaags 'n Olimpiese item word!
Dank aan Dirk, Riana en almal daar wat ons so vriendelik ingeneem het. Dankie Jay.
Hier is enkele paragrawe uit my 16 Desember Geloftefeestoespraak, 2014 (foto links)

"Ons is hier. Nie gedwonge nie. Ons kom saam in die taal van ons moeders, die gemak van ons kollektiewe gewoontes en oop arms van ons kultuur, in die skadu van ons God. ‘n Ou momentum van ou samehorigheid. Waar ons ons veilig voel. 'n Volk se sametrek is noodwendig die plek waar hy minste hoef te konsentreer. Hy moet net wees."
"Want as jy nie jou witskuld afkoop nie, word jy die transformasie se moeilikste kliënt. Jy is reeds sy onmisbaarste kliënt."
"Niemand bou vir ons hierdie monumente nie. Nie niemand skep vir ons ‘n geskiedenis of kultuur nie, en niemand ry ons aan met busse om te sien of daardie erfenis bestaan nie. Ons heilige dae verskyn nie op die staat se kalenders nie. Ons slaap in die veld om weer te proe wat bykans DNA by ons is. Ons is die enigste groep ter wêreld wat monumente oprig vir ons taal, nie een, of twee nie, 32 wêreldwyd. Vir 2e handse burgers is ons darem donners trotse Suid Afrikaners. Hulle verdien ons eintlik glad nie."
"Die grootste Afrika-mite van die 20ste eeu was die een wat aanvoer dat die Boerevolk nie die reg gehad het op die grond van sy voorvaders nie, dat die kontrakte met inheemse stamleiers nou skielik onklaar is, dat die grootste kontrak van almal tot niet is: die van die grafte van ʼn nietige minderheid wat wêreldvorste op 'n afstand kon hou oor die reg op daardie grond, om dit te besit, om daarop te maak en breek soos hy wou, om beskawing te bring, te plant en te bou soos hy goed dink, om te ploeg, vore te herlei en kuddes af te baken soos hy weet hy moes, om heinings te span óm dit waarvoor hy betaal het met die sweet van sy aangesig, om sy lammers in te hou en die jakkalse buite, om daarop wetgewing in te stel vir sy oorlewing, nie net vir die asemhaling van sy kultuur en Europese gewoontes nie maar vir die asem van sy broer, sy suster, sy vrou en sy kind. Dít is ons saak. En dit is al wat hulle nodig het: om jou dit te maak twyfel."
"Nasies word nie gebou nie. 'n Nasie is en het ʼn lang, aanskoulike aanloop, aangeteken deur die eeue, met 'n organiese genesis, 'n evolusie deur eras van ontwikkeling, prestasie en feilbaarheid. Dit word nie oornag gebou uit die sagte handjies van wanpresterende regerings nie, met ‘n stokperdjie van staatsinmenging nie. Ek kan aan min dinge dink wat kom met minder gesag as 'n geboude nasie."
"Ek het Skeinat gedop. Ek dink ek het 40% gekry. In vandag se terme is dit bykans ‘n onderskeiding."
"Ek ken geen ras wat nie die potensiaal wys om enigiets onder die son reg te kry nie. Dis nie dat hulle nie kan nie. Dit is wel dat hulle nie het nie."
"En daarom sal jy my nie my Gelofte laat opgee vir jou fasade van Versoening nie. Is dit te veel gevra om verkrag en verniel te word teen die koers van die stamlande van ons voorvaders sonder om ʼn rassis genoem te word?"
"Die vyand se loopgraaf is lank en hy lê wyer as ooit. Ons kan hom nie flankeer nie. Ons moet ongelukkig deur. Ons herdenk jaarliks ons gelofte by Bloedrivier om ʼn taktiek te herleef wat ons blykbaar vir die res van ons bestaan daarna gesystap het."
"Ek vra vir een spesiale poging tot stilte van ons geestelike leiers, om ons nou te lei, met een manifes, nie twintig nie, met ‘n suiwer motto en ‘n belydenis wat ons saam snoer, nie uit mekaar laat spat nie.
Ek vra van my politieke leiers meer as volkstate. Sê my die hoop beskaam nie dat ek ‘n moontheid kan omhels waar ek vry kan wees sonder om te trek of te immigreer, ‘n Suid Afrika waar selfbeskikking nie nodig sal wees nie."

"Ek soek ʼn Afrikaner wat klaar is met tydmors en ek soek ʼn slim, taktiese Boer. 'n McGuyver. Een wat weet wanneer om deur die middel te breek en een wat weet wanneer om te flankeer. Een met ‘n neus vir beuselagtigheid en ‘n palet vir erns.
Eers dan kan ons praat van kultuur."

"Ons moet mekaar eers buite-parlementêr om die vuur ontmoet voordat ons weer meer as vier verteenwoordigers binne-parlementêr sal sien.
My advies is eenvoudig: staan op, kry vir jou ‘n Boer of tien en loop braai.
Dit is ‘n bevel."
*
Chris Chameleon en ek in onder andere London 25 April 2015. Vir inligting laai South African Events se App af. http://southafricanevents.mobapp.at/landing/Desktop#
*
Laaste vier vertonings in die Kaap! Hier kom ons!!

Steve Hofmeyr

1 Januarie het ek in Namibië, Hentiesbaai wakker geword. My jaar skop af met ‘n R10 000 spoedkaartjie, ‘n skittertroue met die mooiste bruid in mense heugenis, ‘n Maldives wittebrood en drie begrafnisse. Suid Afrika skop af met bomskok. DA en ANC konfronteer mekaar in die strate. Die Waterkloof 4 stap (amper), die Griekwastadseun skuldig aan moorde en Oscar Pistorius se saak steel die kalklig. Thuli vind Zuma se Nkandla is ‘n onderduimse onderneming. Ek skop ‘n wêreldtoer af wat draai gooi in Kanada, VSA, NZ en Australie. Ek stel twee boeke vry (Laaste dans Drienie en Stevehofmeyr50) asook een CD (Toeka3). DIE STEM is die begin van nasionale boikotte teen my en dit loop uit op die Koch debakel. Die hof bevind ek mag NIE beskerming pleit nie weens my wêreldbeskouing. Ek besluit om nie rassisties te raak oordat soveel mense wil hê ek moet wees nie. Ek volstaan by my waarnemings en vryheid tot opinie (ten spyt die hof). Hierdie was ‘n rubikonjaar. Min sal dieselfde wees na 2014.
Hier is ‘n paar goedjies wat my sal bybly:

Film
Movie of the year 2014: THE WOLF OF WALL STREET
Ander goeie flieks: GRAVITY, RUSH, EMPEROR.
My akteurs van die Jaar: John Malkovich as Black Beard in CROSSED BONES
My eie rol van die jaar: Lukas in TREURGROND (kyk Mei 2015)

TV
My heel gunsteling reekse: Breaking Bad, House of Cards, Game of Thrones, Homeland.
Beste nuwe reekse: Outlander, Banshee
Bloedigste reeks: Game of Thrones
Janine se gunsteling chick-reekse: Oscar Trial 2014 kanaal 199, Paradise Island
Program wat ek nie weer sal kyk nie: Carte Blanche

Boeke
Beste boek gelees Engels: Time and Time Again (Elton)
Beste boeke gelees Afrikaans: Klimtol (van Heerden), Valsrivier (Botha). Katryn (Huisamen), Kobra (Meyer)
Lekkerste biografie: DF Malan (Koortz)
Politiese boeke: BEE (Jeffery), SA next 10 years (Cronje) en Please stop helping us (Riley), EXODUS (Collier)
Ekonomie boek: Tax Lies and Red Tape (Roodt)
Lekkerste eBoek: Wayward Pines Series (Crouch)
My gewelddadigste boek gelees Engels: Vicious Circle (Wilbur Smith)
My gewelddadigste boek gelees Afrikaans: Bloedfamilie (Burger)
Gunsteling Bybelvers: U het my ruim vastrapplek gegee,
my enkels het nie geswik nie. (Ps 18:37)

Konserte
My beste 'Live' konsert (eie): Hoogtyd saam Juanita en Toeka3 met gaste. Moet sê Innibos 2014 was monumentaal toe 40 000 staan vir Die Stem
My beste 'Live' konsert (gesien): Afrikaans is Groot (oranje foto onder)
My beste verhoogdrama bygewoon: Wie is bang vir Virginia Woolf? met Weyers&Prinsloo (KKNK)
My beste komediant: Barry Hilton

Musiek
CD of the year 2014: NATIVE from One Republic
Metal CD van die jaar: FORTRESS - Alterbridge
My gunsteling sangers 2014: Ellie Goulding en Lana del Rey
Single of the Year 2014: Young And Beautiful and Videogames - Lana Del Rey. Say Something - Christina Aguilera. No Good In Goodbye - The Script
All time nostalgie-moment: Om Kris Kristofferson in persoon te ontmoet by sy konsert
Beste klassiekemusiek: Joshua Bell se Romance of the Violin (veral Gluck, Mozart, Bellini)
Boeremusiek: die Warm Pampoen Settees
Lekker ontdekkings: Ray la Montagne
Cool collabs: optredes en opnames met Ashton Nyte, Hemelbesem, Juanita en Toeka3.

Tech
My fave 2014 tech: The cognitive activity trackers of Tobii Tech for the 'quantified self'. Moet mens eintlik bangmaak. Ek hou ook van die worshond Wiener Cleaner (foto)
My foon vir 2013: Steeds my ou Note2. Tyd vir opgradering.
My PC Games: SNIPER ELITE. En steeds AGE OF EMPIRES
Gunsteling toeps (apps): Evernote. Kindle. Afriforum GPS.

Drank en Spyse
Beste ligte ete: Daai volstruisbobotie by POWEL HOUSE in Swellendam
Lekkerste biefstuk: VERGELEGEN RESTAURANT (Keimoes) se fris 500g T-beenskyf met uiemarmelade en rooiwynsous. Bedien met kraakvars groente
Lekkerste maal vir twee: CAFE PARADISO in Tamboerskloof het 'n "Beef Fillet Medallions on a mushroom cream sauce topped with red wine, port & cranberry reduction ( vir Janine) en Grilled Sirloin with Cafe De Paris butter, grilled black mushrooms, , parmesan&rocket (vir my) en Darling Brew, soft on tap (bier) met hierdie Lemon Meringue nagereg.
Lekkerste vis: Kabeljou op pasta deur visserman/chef Louis by FISHERMAN'S GUESTHOUSE op Hentiesbaai.
My beste Wyn: KLOOVENBURG se EIGHT FEET 2010 en Val de Loire se Rose de Loire 2011 (foto)
My drankie van die Jaar: Vitamin Water (XXX) afgewissel met ‘n broodnodige brandewyntjie. Yskoue Tiger draught op die warm Maldives.
My sjokolade van die Jaar: Melksjokolade. ‘n Slab per week.
My ontbyt van die Jaar: Oyster Box, Umhlanga. Enige plek met Jungle Oats.
My gunsteling kosondervinding (kos, diens, uitsig, geselskap) van 2013: JEMIMAS in Oudtshoorn se Tandem (2 stukkies beef/volstruis/venison) met 2 keuses sousie.
Lekkerste nagereg: Ook VERGELEGEN se chiliroomys met vye.
My gunsteling kosontdekkings van 2013: Tim Noakes se grootvreet dieet.

Algemeen
My skaterlag momente: Robbie Wessels se HAKA liedjie (All Blacks teen die All Blacks).
My grootste teleurstellings 2014: OFM en Jacaranda se boikotte oor Die Stem op Toeka 3.
My 2014 karma oomblik: Toe Toeka 3 nommer een verkoper word ten spyt!
Worst airline carrier: BA - Losing flights because of untagged guitars and overbookings. WTF?
Persoonlike oorwinnings 2014: Laaste Dans Drienie. Toeka3, Stevehofmeyr50, Treurgrond, Afrikaans Is Groot en die wêreldtoer!
My hoogtepunte van die Jaar: My troue.
My laagtepunte: My spoedoortredingboete toe Khune en Malema, wat vinniger gery het, skotvry afkom. Geen Bloubuleindstryd. My tannie Beckie se dood. Hennie Aucamp se afsterwe. Die Koch debakel was nogal vreemd - ek word gestraf oordat ek die hof nader vir beskerming.
Twiet van die Jaar: Toe ek Mark Fish vra oor toilette op Survivor was sy antwoord: "wherever you lay your stool, that's your home." (Hykie het ook erken dat hulle die oseaan gebruik). En dan daai berugte “architects” twiet.
En my eie veelseggende verligting: "R10k! Daar gaan my honeymoon budget." (na my spoedoortreding)
Vakansie van die jaar: Maldives met sy wydste skakerings van blou see ooit.
Gunsteling aanhaling: “All that is gold does not glitter, not all those who wander are lost; the old that is strong does not wither, deep roots are not reached by the frost. From the ashes a fire shall be woken, a light from the shadows shall spring; renewed shall be the blade that was broken, the crownless again shall be king.” JR Tolkien uit Lord of the Rings

My voorneme is dieselfde as verlede jaar: 'n rustige jaar. Lyk reeds nie of dit my voorland is nie. Ek bedank jou vir jou bydraes en geselskap hier op Facebook en Twitter, by konserte en sommer op straat. Ek en Janine wens jou 'n mooi Kersfees toe en 'n "rustige", voorspoedige Nuwe Jaar.

Lianie May

Port Elizabeth die show by Open Sky was wonderlik! Country bootse oral te sien, nice julle girls! En selfs die reën weer het 450 mense nie weggehou en ons het lekker gekuier in Afrikaans! Dankbaar vir almal wat daar was! Al my liefde xxx

Karlien van Jaarsveld


Dankie Jeffreys!! Julle was great!!!! Kragonderbrekings en al!!!
Sien julle vanaand in PE. PE vriende julle kan jul kaartjies by Westway Cafe kry. Hierdie maatjie in STILBAAI het reeds haar kaartjies vir Maandag, wie sien ek daar? Navrae/besprekings kontak Johan 0833093894 . Dinsdag is dit HARTENBOS se beurt!!! Ek sien uit!!!


 

SAM ADVITISEING PICTURE